Slag van Donkerhoek

Slag van Donkerhoek

Dit is ‘n wintersdag op die Hoëveld in Junie 1900. Pretoria het ‘n paar dae vroeer, op 5 Junie, oorgegee aan die Britse magte onder aanvoering van Lord Roberts. Paul Kruger en sy Volksraad het reeds Pretoria ontruim en ‘n tydelike regeringsetel te Machadadorp ingestel. Die Boere was moedeloos en baie het die stryd gewonne gegee en oorgegee. Paul Kruger het egter sy geloof behou en met die aanmoediging van Pres Steyn, Generale Christiaan die Wet en Louis Botha en ‘n kern van vasbeslote offisiere en burgers is die stryd voortgesit.

Die Britse magte het vanaf Pretoria, Pres. Kruger en sy gevolg agternagesit. Om Pres. Kruger as gevangene na Pretoria terug te bring, sou die oorlog vir Engeland tot ‘n triomfantlike einde bring. Maar die sou die Boeremagte ten alle koste wou verhoed: Die Boere het hulle gevolglik opgestel in ‘n front met Genl de la Rey se magte in die noorde te Boekenhoutkloof en Genl Botha se magte ingegrawe op die eskarpement op die plase Donkerhoek en Kleinfontein tussen Franspoort en Diamond Hill. Die Britse magte het op 11 Junie 1900 ooswaarts opgeruk in ‘n halfmaan onder aanvoering van Lt-Genl French in die noorde oor die Pienaarsrivier, Lord Roberts in die middle met roetes deur Franspoort en Pienaarspoort en Lt-Genl Hamilton in die suide deur Swawelpoort en Tierpoort verby Seinheuwel, Klipkoppies en Boschkop en die stellings van die Boere begin bombardier.

Die Britse magte het bestaan uit 14 000 man en hulle artillerie uit 66 veld kanonne en 6 swaar kanonne. Daarteenoor het die Boere slegs 6 000 man gehad met 22 kanonne en een Longtom. Onder die oormag het die Boere teruggeval na die hoogste kop op die plaas Kleinfontein, genaamd Diamond Hill, waar die beslissende “Slag van Donkerhoek” ( in Engels “The Battle of Diamond Hill” ) op 12 Junie 1900 gelewer is. Ten spyte van die oormag, het die Boere hier die Britse mag verslaan met weinige verlies aan eie kant.

Hierdie oorwinning, meer as enigiets anders, het weer die Boere moed om die ongelyke stryd voort te sit en het gelei tot hernude toetredes en guirilla oorlogvoering wat die magtigste moondheid van die tyd vir amper nog twee jaar sou weerstaan. Vandag, meer as honderd-en-veertig jaar later, is die plaas wat oorspronklik in 1852 (slegs 14 jaar na die Groot Trek) deur ‘n ene Botha, bokboer en eertydse eienaar en bouer van die Pioniershuis te Silverton gekoop is, nog ‘n stille getuie van ons volk se vroeë geskiedenis.

In Desember 1938, vertrek die oorspronklike wa van dieselfde Botha vanaf Kleinfontein as die “Bloedrivier Wa” vir die 100 jarige Groot Trek vierings na die Voortrekker Monument.

“Nasionale gedenkwaardigheid”

Op 8 Junie 1985 word die Diamond Hill begrafplaas, wat van die grafte bevat van die Britte wat in die slag gesneuwel het, tot nasionale gedenkwaardigheid verklaar. Op 16 Desember 1988 trek 60000 volks-genote in seker die grootste demonstrasie van Boere- Afrikanereenheid saam op die plaas Kleinfontein vir die 150 ste jaar vierring van die Groot Trek, terwyl die donker wolke van ‘n oorname van die land deur die Afrika meerderheid en die verlies van ons volksvryheid reeds aan die oplaai is.

In November 1991 word te hore gekom dat weens finansiële redes , die Kleinfontein-plaas uit die besit van ‘n volksgenoot, en mees moontlik in die besit van vreemdes sou val.Die historiese plaas moes dringend vir die volk gered word! Kleinfontein word Volksbesit! Op 5 Augustus 1992, met slegs twee aandeelhouers word voldoende borge aan die bank verskaf om dit van ‘n veiling weg te hou en is Kleinfontein Boerderybelange gebore.

____________________________________________________________________________________________________________________

RADIO PRETORIA NUUSKOMMENTAAR

Die veldslag van 7 tot 12 Junie 1900 by Donkerhoek, net oos van Pretoria, was in meer as een opsig ‘n waterskeiding-gebeurtenis. Nie alleen was dit een van die laaste groot stellinggevegte van die Engelse oorlog nie, maar die gevolg van daardie veldslag was dat die oorlog nog tot in Mei 1902 geduur het.

Dit kan so verduidelik word: nadat Lord Roberts in Februarie 1900 generaal Piet Cronjé en sy 4 000 man by Paardeberg verslaan het, het hy in ‘n seëvierende opmars eers Bloemfontein op 13 Maart 1900 ingeneem en Pretoria op 5 Junie 1900. Dit het gelyk of die Engelse onstuitbaar was en dat die oorlog verby was. Die burgers was so gedemoraliseer dat selfs kommandant JD Weilbach van Heidelberg op 4 Juinie 1900, tydens die gevegte by Sesmylspruit vir sy burgers gesê het: “Julle kan bly en aanhou veg as julle wil, maar ek gaan nou huis toe…”

Lord Roberts het probeer om munt uit daardie situasie te slaan en het ‘n proklamasie uitgevaardig waarin hy die burgers uitnooi om die wapen neer te lê. As hulle oorgee kan hulle hul plase, besittings en vee netso behou. So ontstaan die hensoppers en uit hulle het die joiners gekom wat die wapen teen hulle eie mense opgeneem het.

En dan word ‘n Krygsraadvergadering in Pretoria gehou en word daar hard gepraat en besluit om die Engelse magte teen te staan. So gebeur dit dat generaal Louis Botha met 4 000 man die rante oos van Pretoria, van Boekenhoutkloof oor die Oosterspoor tot by Donkerhoek en daarvandaan verder suid beset.

Na enkele skermutselinge word die eerste aanvalle op 11 Junie geloods met ‘n infanterie-aanval op die middel van die stelling. Op 12 Junie word die aanvalle voortgesit. In die noord-ooste het generaal De la Rey die Engelse teen die aand van daardie dag in die benoudheid. Maar op die suidelike flank het die Engelse teen die aand, na harde gevegte daarin geslaag om suid van die Donkerhoek deur die Boerelinie te breek. Dit dwing generaal Louis Botha om liewer terug te trek om die gevaar te vermy dat die Engelse hom op die volgende dag in sy rug kan aanval.

Miskien het generaal Botha te gou besluit om terug te trek want na twee dae waarin die Engelse byna 200 man dood en gewond verloor het en die Boere ongeveer 30 man, was die Boere steeds meester van die slagveld. Maar die burgers was uitgeput en die vraag was of hulle nog ‘n derde dag teen die oormag sou kon staan.

Tog tree die Boere as morele oorwinnaars uit die stryd. Donkerhoek het die burgers weer selfrespek gegee sodat hulle met nuwe moed die stryd voortgesit het. So word Donkerhoek ‘n groot keerpunt want soos generaal Smuts dit gestel het, het die veldslag ‘n besielende uitwerking gehad.

Soms is dit so dat ‘n mens wat in ’n stryd staan, moeg word en dreig om tou op te gooi. Maar dit moet nooit te gou gebeur nie, want soos Donkerhoek en talle ander gebeurtenisse in ons volksgeskiedenis ons leer, het die Boere-Afrikaner die nuk om die onmoontlike moontlik te maak! Dit gebeur omdat hy sy volkstryd in die geloof aanpak en met vertroue in die bystand van die Almagtige God. Laat ons dit tog nooit vergeet nie.

http://www.radiopretoria.co.za/Nuuskommentaar.html

Aftel na 2014 fees

Donkerhoekfees 2014

Donkerhoekfees 2014

Aangebied deur :

In samewerking met:

Ridder de Jong – Slag van Donkerhoek lied

‘We are marching to Pretoria’ het die Britte gesing Toe hulle daai dag die Hoofstad binnedring En onder Lord Roberts maak die Britte `n plan Om die oorlog te wen en Kruger te vang Maar Botha en kie sê vang jy hom Moet eers verby my en die Boere kom

O Koek, we lost at Donkerhoek

Selfs met 14 000 man was die Kakies te sag Vir die 6 000 Boere wat lê en wag En toe Lord Roberts weer so om hom kyk Is al wat hy sien net lyk op lyk

O Koek, we lost at Donkerhoek

Nou die res van die oorlog is `n tragiese verhaal Want die vrouens was in kampe en die lande was kaal En al het die Boer gewen met die roer Het hy op papier teen die Britte verloor Maar kry `n Kakie op die slagveld dan bewe sy broek Soos die dag met die slag van Donkerhoek

O Koek, we lost at Donkerhoek

© 2015 Donkerhoekfees